Lectionary Calendar
Saturday, May 18th, 2024
Eve of Pentacost
Attention!
Tired of seeing ads while studying? Now you can enjoy an "Ads Free" version of the site for as little as 10¢ a day and support a great cause!
Click here to learn more!

Read the Bible

Afrikaans Bible

Psalms 137

1 By die riviere van Babel, daar het ons gesit, ook geween as ons aan Sion dink.2 Aan die wilgerbome wat daarin is, het ons ons siters opgehang.3 Want daar het hulle wat ons as gevangenes weggevoer het, van ons die woorde van 'n lied gevra en hulle wat ons verdruk het, vreugde, deur te sê: Sing vir ons 'n Sionslied.4 Hoe sou ons die lied van die HERE kan sing in 'n vreemde land?5 As ek jou vergeet, o Jerusalem, laat my regterhand dan homself vergeet!6 Laat my tong kleef aan my verhemelte as ek aan jou nie dink nie, as ek Jerusalem nie verhef bo my hoogste vreugde nie.

7 HERE, bring in herinnering vir die kinders van Edom die dag van Jerusalem, hulle wat gesê het: Breek weg, breek weg, tot op die grond met hom!8 o Dogter van Babel, jy verwoeste, gelukkig is hy wat jou sal vergeld wat jy ons aangedoen het!9 Gelukkig is hy wat jou kinders gryp en verpletter teen die rots!

 
adsfree-icon
Ads FreeProfile