Lectionary Calendar
Saturday, May 18th, 2024
Eve of Pentacost
Attention!
Tired of seeing ads while studying? Now you can enjoy an "Ads Free" version of the site for as little as 10¢ a day and support a great cause!
Click here to learn more!

Read the Bible

Afrikaans Bible

Psalms 139

1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. HERE, U deurgrond en ken my.2 U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte.3 U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend.4 Want daar is nog geen woord op my tong nie- of U, HERE, U ken dit geheel en al.5 U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my.6 Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie.

7 Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig?8 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!9 Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon,10 ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.11 En as ek sê: Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting,12 dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig.13 Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.14 Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.15 My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.

17 Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes, o God! Hoe geweldig is hulle volle som nie!18 Wil ek hulle tel, hulle is meer as die sand; word ek wakker, dan is ek nog by U.19 o God, as U tog maar die goddelose wou ombring! En julle manne van bloed, gaan van my af weg!20 Hulle wat arglistig teen U spreek, u Naam ydellik verhef- u teëstanders!21 HERE, sou ek dié nie haat wat vir U haat, en 'n afsku hê van die wat teen U opstaan nie?22 Ek haat hulle met 'n volkome haat; vyande is hulle vir my!23 Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes;24 en kyk of daar by my 'n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!

 
adsfree-icon
Ads FreeProfile