Lectionary Calendar
Saturday, May 18th, 2024
Eve of Pentacost
Attention!
Take your personal ministry to the Next Level by helping StudyLight build churches and supporting pastors in Uganda.
Click here to join the effort!

Read the Bible

Afrikaans Bible

Psalms 146

1 Halleluja! Loof die HERE, o my siel!2 Ek wil die HERE prys solank as ek lewe; ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek nog daar is.3 Vertrou nie op prinse, op die mensekind, by wie geen heil is nie.4 Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe; op daardie dag is dit met sy planne gedaan.

5 Welgeluksalig is hy wat die God van Jakob het as sy hulp, wie se hoop is op die HERE sy God,6 wat hemel en aarde gemaak het, die see en alles wat daarin is; wat trou bly tot in ewigheid;7 wat aan die verdruktes reg doen, wat aan die hongeriges brood gee. Die HERE maak die gevangenes los.8 Die HERE open die oë van die blindes; die HERE rig die wat geboë is, op; die HERE het die regverdiges lief.9 Die HERE behoed die vreemdelinge; Hy rig wees en weduwee weer op; maar die weg van die goddelose maak Hy krom.10 Die HERE is vir ewig Koning; jou God, o Sion, is van geslag tot geslag! Halleluja!

 
adsfree-icon
Ads FreeProfile