Lectionary Calendar
Saturday, May 25th, 2024
the Week of Proper 2 / Ordinary 7
Attention!
StudyLight.org has pledged to help build churches in Uganda. Help us with that pledge and support pastors in the heart of Africa.
Click here to join the effort!

Read the Bible

Afrikaans Bible

Psalms 149

1 Halleluja! Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied, sy lof in die vergadering van die gunsgenote!2 Laat Israel hom verheug in sy Maker; laat die kinders van Sion juig oor hulle Koning!3 Laat hulle sy Naam loof in koordans, Hom psalmsing met tamboeryn en siter.4 Want die HERE het 'n welbehae in sy volk; Hy versier die ootmoediges met heil.5 Laat die gunsgenote juig in heerlikheid; laat hulle jubel op hul bedde.

6 Lofverheffinge van God is in hulle keel, en 'n tweesnydende swaard in hulle hand;7 om wraak te oefen onder die heidene, strafgerigte onder die volke;8 om hulle konings met kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie;9 om 'n vonnis wat opgeskrywe is, aan hulle te voltrek. 'n Eer is dit vir al sy gunsgenote! Halleluja!

 
adsfree-icon
Ads FreeProfile