Lectionary Calendar
Saturday, May 25th, 2024
the Week of Proper 2 / Ordinary 7
Attention!
Tired of seeing ads while studying? Now you can enjoy an "Ads Free" version of the site for as little as 10¢ a day and support a great cause!
Click here to learn more!

Read the Bible

Afrikaans Bible

Psalms 16

1 'n Gedig van Dawid. Bewaar my, o God, want by U skuil ek.2 Ek het tot die HERE gesê: U is my Here; vir my is daar geen goed bo U nie.3 Maar aangaande die heiliges wat op die aarde is, sê ek: Hulle is die heerlikes in wie al my behae is.4 Die smarte van hulle wat 'n ander god met gawes vereer, sal menigvuldig wees; ek sal hulle drankoffers van bloed nie uitgiet en hulle name op my lippe nie neem nie.5 Die HERE is die deel van my erfenis en van my beker; U onderhou my lot.6 Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.7 Ek sal die HERE loof wat my raad gegee het; selfs in die nag vermaan my niere my.

8 Ek stel die HERE altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.9 Daarom is my hart bly en my eer juig; ook sal my vlees in veiligheid woon;10 want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie.11 U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig.

 
adsfree-icon
Ads FreeProfile