Lectionary Calendar
Saturday, May 18th, 2024
Eve of Pentacost
Attention!
StudyLight.org has pledged to help build churches in Uganda. Help us with that pledge and support pastors in the heart of Africa.
Click here to join the effort!

Read the Bible

Afrikaans Bible

Psalms 23

1 'n Psalm van Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie.2 Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.3 Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.4 Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.5 U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.6 Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.

 
adsfree-icon
Ads FreeProfile