Lectionary Calendar
Saturday, May 18th, 2024
Eve of Pentacost
Attention!
Tired of seeing ads while studying? Now you can enjoy an "Ads Free" version of the site for as little as 10¢ a day and support a great cause!
Click here to learn more!

Read the Bible

Afrikaans Bible

Psalms 45

1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Lelies." Van die kinders van Korag. 'n Onderwysing. 'n Lied van die liefde.2 My hart word bewoë deur goeie woorde; ek dra my gedigte voor aangaande 'n Koning; my tong is die pen van 'n vaardige skrywer.3 U is veel skoner as die mensekinders; genade is uitgestort op u lippe; daarom het God U geseën vir ewig.4 Gord u swaard aan die heup, o held, u majesteit en u heerlikheid;5 ja, u heerlikheid! Ry voorspoedig ter wille van waarheid en ootmoed en geregtigheid; en laat u regterhand U vreeslike dinge leer!

6 U pyle is skerp,Volke val onder U!; hulle tref in die hart van die Koning se vyande.7 U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van u koninkryk is 'n regverdige septer.8 U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle.9 Al u klere is mirre en alewee en kassie; uit ivoorpaleise maak snarespel U bly.

10 Dogters van konings is onder u staatsdogters; die koningin staan aan u regterhand in goud van Ofir.11 Hoor, o dogter, en kyk en neig u oor, en vergeet u volk en die huis van u vader;12 en as die Koning u skoonheid begeer- want Hy is u Heer- buig u dan voor Hom neer.13 En, o dogter van Tirus- met geskenke sal hulle u guns soek, ja, die rykstes van die mense.14 Louter heerlikheid is die Koning se dogter daarbinne; van gouddraad is haar kleding.15 In veelkleurige gewade word sy na die Koning gelei; jonkvroue agter haar, haar vriendinne, word na U gebring.16 Hulle word gelei met vreugde en gejuig; hulle gaan in die Koning se paleis in.17 In die plek van u vaders sal u seuns wees; U sal hulle aanstel as vorste in die hele land.

18 U Naam wil ek vermeld van geslag tot geslag; daarom sal die volke U loof vir ewig en altyd.

 
adsfree-icon
Ads FreeProfile