Lectionary Calendar
Saturday, May 18th, 2024
Eve of Pentacost
Attention!
Tired of seeing ads while studying? Now you can enjoy an "Ads Free" version of the site for as little as 10¢ a day and support a great cause!
Click here to learn more!

Read the Bible

Afrikaans Bible

Psalms 64

1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. 2 Hoor my stem, o God, in my klagte; bewaar my lewe vir die skrik van die vyand.3 Steek my weg vir die raad van die kwaaddoeners, vir die gewoel van die werkers van ongeregtigheid;4 wat hulle tong skerp maak soos 'n swaard, hulle pyl rig- bitter woorde! - 5 om in skuilplekke na die opregte te skiet; skielik skiet hulle hom en vrees nie.6 'n Listige plan stel hulle vir hul vas; hulle spreek af om strikke te span; hulle sê: Wie sal dit sien?

7 Hulle versin ongeregtighede: Ons is gereed! 'n Fyn uitgedinkte plan! Ja, 'n man se binneste en onpeilbare hart!8 Maar God tref hulle met 'n pyl, skielik is hulle wonde daar.9 En hulle tong laat hulle oor hulself struikel; almal wat hulle aansien, skud die hoof.10 En alle mense vrees en verkondig die werk van God en gee ag op wat Hy doen.

11 Die regverdige sal bly wees in die HERE en by Hom skuil, en al die opregtes van hart sal hulle beroem.

 
adsfree-icon
Ads FreeProfile