Lectionary Calendar
Saturday, May 18th, 2024
Eve of Pentacost
Attention!
StudyLight.org has pledged to help build churches in Uganda. Help us with that pledge and support pastors in the heart of Africa.
Click here to join the effort!

Read the Bible

Afrikaans Bible

Psalms 82

1 'n Psalm van Asaf. God staan in die vergadering van die gode; Hy hou gerig te midde van die gode.2 Hoe lank sal julle onregverdig oordeel en partydig wees vir die goddelose mense? Sela.3 Doen reg aan die swakke en die wees; gee aan die ellendige en die arme sy reg.4 Red die swakke en behoeftige, bevry hulle uit die hand van die goddelose mense.5 Hulle weet nie en verstaan nie; hulle loop rond in duisternis: al die fondamente van die aarde wankel.

6 Ek self het gesê: Julle is gode, en julle is almal seuns van die Allerhoogste- 7 nogtans sal julle sterwe soos mense, en soos een van die vorste sal julle val.8 Staan op, o God, oordeel die aarde! Want U het erfbesit van al die nasies.

 
adsfree-icon
Ads FreeProfile