Lectionary Calendar
Saturday, May 25th, 2024
the Week of Proper 2 / Ordinary 7
Attention!
Partner with StudyLight.org as God uses us to make a difference for those displaced by Russia's war on Ukraine.
Click to donate today!

Read the Bible

Afrikaans Bible

Psalms 127

1 'n Bedevaartslied. Van Salomo. As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die HERE die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter.2 Tevergeefs dat julle vroeg opstaan, laat opbly, brood van smarte eet- net so goed gee Hy dit aan sy beminde in die slaap!3 Kyk, seuns is 'n erfdeel van die HERE; die vrug van die moederskoot is 'n beloning.4 Soos pyle in die hand van 'n held, so is die seuns van die jeug.5 Gelukkig is die man wat sy pylkoker daarmee gevul het! Hulle sal nie beskaamd staan as hulle met die vyande in die poort spreek nie.

 
adsfree-icon
Ads FreeProfile