Lectionary Calendar
Saturday, May 18th, 2024
Eve of Pentacost
Attention!
Tired of seeing ads while studying? Now you can enjoy an "Ads Free" version of the site for as little as 10¢ a day and support a great cause!
Click here to learn more!

Read the Bible

Afrikaans Bible

Psalms 129

1 'n Bedevaartslied. Alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af- laat Israel dit sê- 2 alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af; tog het hulle my nie oorwin nie.3 Ploeërs het op my rug geploeg; hulle het hul vore lank getrek.4 Die HERE is regverdig: Hy het die toue van die goddelose afgekap.

5 Laat hulle beskaamd staan en agteruitwyk, almal wat Sion haat.6 Laat hulle word soos gras op die dakke wat verdor voordat 'n mens dit uittrek,7 waarmee die maaier sy hand en die gerwebinder sy arm nie vul nie.8 Sodat die wat verbygaan, nie sê nie: Die seën van die HERE oor julle! Ons seën julle in die Naam van die HERE.

 
adsfree-icon
Ads FreeProfile