Lectionary Calendar
Saturday, May 18th, 2024
Eve of Pentacost
Attention!
We are taking food to Ukrainians still living near the front lines. You can help by getting your church involved.
Click to donate today!

Read the Bible

Afrikaans Bible

Psalms 5

1 Vir die musiekleier; met fluite. 'n Psalm van Dawid.2 o HERE, luister na my woorde, let op my versugting.3 Gee ag op die stem van my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek.4 In die môre, HERE, sal U my stem hoor; in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag.5 Want U is nie 'n God wat behae het in goddeloosheid nie; die kwaaddoener sal by U nie vertoef nie.6 Die onsinniges sal voor u oë nie standhou nie; U haat al die werkers van ongeregtigheid.

7 U sal die leuensprekers laat omkom; van die man van bloed en bedrog het die HERE 'n afsku.8 Maar ek, deur die grootheid van u goedertierenheid mag ek in u huis ingaan, my buig na u heilige tempel, in u vrees.9 HERE, lei my in u geregtigheid om my vyande ontwil; maak u weg voor my reg.10 Want in hulle mond is niks betroubaars nie; hulle binneste bring onheil; hulle keel is 'n oop graf; hulle maak hul tong glad.11 Verklaar hulle skuldig, o God! Laat hulle val deur hul planne; dryf hulle weg oor die menigte van hul oortredinge, want hulle is wederstrewig teen U.12 Maar laat húlle almal bly wees wat by U skuil; laat hulle vir ewig jubel, en beskut U hulle; en laat in U juig die wat u Naam liefhet.

13 Want U seën die regverdige, o HERE, U omring hom met welbehae soos met 'n skild.

 
adsfree-icon
Ads FreeProfile