Lectionary Calendar
Saturday, May 18th, 2024
Eve of Pentacost
Attention!
Partner with StudyLight.org as God uses us to make a difference for those displaced by Russia's war on Ukraine.
Click to donate today!

Read the Bible

Afrikaans Bible

Psalms 51

1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, 2 toe die profeet Natan na hom gekom het, nadat hy by Bátseba ingegaan het. 3 Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid.4 Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde.5 Want ék ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my.6 Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.

7 Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.8 Kyk, U het 'n welgevalle aan waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend.9 Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu.10 Laat my vreugde en blydskap hoor; laat die gebeente juig wat U verbrysel het.11 Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede.12 Skep vir my 'n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees.13 Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie.

14 Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur 'n gewillige gees.15 Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer.16 Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong u geregtigheid uitjubel.17 Here, open my lippe, dat my mond u lof kan verkondig.18 Want U het geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in brandoffer het U geen behae nie.19 Die offers van God is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!

20 Doen goed aan Sion na u welbehae; bou die mure van Jerusalem op.

21 Dan sal U 'n welbehae hê in die offers van geregtigheid, in brandoffer en voloffer; dan sal hulle stiere offer op u altaar.

 
adsfree-icon
Ads FreeProfile