Lectionary Calendar
Saturday, May 18th, 2024
Eve of Pentacost
Attention!
We are taking food to Ukrainians still living near the front lines. You can help by getting your church involved.
Click to donate today!

Read the Bible

Afrikaans Bible

Psalms 67

1 Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm. 'n Lied. 2 Mag God ons genadig wees en ons seën; mag Hy sy aangesig by ons laat skyn! Sela.3 Sodat die mense op aarde u weg kan ken, onder al die nasies u heil.4 Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.5 Die nasies sal bly wees en jubel, omdat U die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde lei. Sela.6 Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.7 Die aarde het sy opbrings gelewer; God, onse God, sal ons seën.

8 God sal ons seën, en al die eindes van die aarde sal Hom vrees.

 
adsfree-icon
Ads FreeProfile