Lectionary Calendar
Saturday, May 18th, 2024
Eve of Pentacost
Attention!
For 10¢ a day you can enjoy StudyLight.org ads
free while helping to build churches and support pastors in Uganda.
Click here to learn more!

Read the Bible

Afrikaans Bible

Psalms 88

1 'n Lied, 'n Psalm van die kinders van Korag, Vir die musiekleier; op die wysie van: "Máhalat leannot." 'n Onderwysing van Heman, die Esrahiet. 2 HERE, God van my heil, bedags roep ek, in die nag is dit voor U.3 Laat my gebed voor u aangesig kom, neig u oor tot my smeking.4 Want my siel is sat van teëspoede, en my lewe raak aan die doderyk.5 Ek word gereken by die wat in die kuil neerdaal; ek het geword soos 'n man sonder krag,6 vrygelaat onder die dooies, soos die wat verslaan is, wat in die graf lê, aan wie U nie meer dink nie, en wat afgesny is van u hand.7 U het my gesit in die kuil diep daaronder, in duisternisse, in dieptes.8 U grimmigheid rus op my, en U druk my neer met al u golwe. Sela.9 U het my bekendes ver van my verwyder, my iets afskuweliks gemaak vir hulle; ek is ingesluit en kan nie uitkom nie.

10 My oog vergaan van ellende. HERE, ek roep U aan die hele dag deur, ek brei my hande na U uit.11 Kan U aan die dooies 'n wonder doen? Of kan skimme opstaan, kan hulle U loof? Sela.12 Kan u goedertierenheid vertel word in die graf, u trou in die plek van vertering?13 Kan u wondermag in die duisternis bekend word en u geregtigheid in die land van vergetelheid?14 Maar ék, HERE, roep U aan om hulp, en in die môre kom my gebed U tegemoet.15 HERE, waarom verstoot U my siel, verberg U u aangesig vir my?16 Van jongs af is ek ellendig en klaar om te sterwe; ek dra u verskrikkinge, ek is radeloos.17 U toorngloed het oor my gegaan; u verskrikkinge vernietig my;18 die hele dag omring hulle my soos water, saam omsingel hulle my.

19 U het vriend en metgesel ver van my verwyder; my bekendes is duisternis.

 
adsfree-icon
Ads FreeProfile