Lectionary Calendar
Saturday, May 25th, 2024
the Week of Proper 2 / Ordinary 7
Attention!
For 10¢ a day you can enjoy StudyLight.org ads
free while helping to build churches and support pastors in Uganda.
Click here to learn more!

Read the Bible

Afrikaans Bible

Psalms 87

1 Van die kinders van Korag. 'n Psalm. 'n Lied. Sy grondvesting is op heilige berge.2 Die HERE het die poorte van Sion lief bo al die wonings van Jakob.3 Heerlike dinge word van u gesê, o stad van God! Sela.

4 Ek wil Rahab en Babel vermeld onder hulle wat My ken; kyk, Filistéa en Tirus saam met Kus- hierdie een is daar gebore.5 En van Sion sal gesê word: Man vir man is daarin gebore, en Hy, die Allerhoogste, hou dit in stand.6 Die HERE sal tel as Hy die volke opskrywe: Hierdie een is daar gebore. Sela.7 En die wat sing sowel as die wat vrolik is, sê: Al my fonteine is in jou!

 
adsfree-icon
Ads FreeProfile