Lectionary Calendar
Saturday, May 18th, 2024
Eve of Pentacost
Attention!
StudyLight.org has pledged to help build churches in Uganda. Help us with that pledge and support pastors in the heart of Africa.
Click here to join the effort!

Read the Bible

Afrikaans Bible

Psalms 86

1 'n Gebed van Dawid. HERE, neig u oor, verhoor my, want ek is ellendig en behoeftig.2 Bewaar my siel, want 'n gunsgenoot is ek; U, my God, verlos u kneg wat op U vertrou.3 Wees my genadig, o Here, want ek roep U aan die hele dag deur.4 Verbly die siel van u kneg, want tot U, o Here, hef ek my siel op.5 Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.6 HERE, luister na my gebed en let op die stem van my smekinge.7 In die dag van my benoudheid roep ek U aan, want U verhoor my.

8 Daar is niemand soos U onder die gode, Here, en daar is niks soos u werke nie.9 Al die nasies wat U gemaak het, sal kom en hulle voor u aangesig neerbuig, Here, en hulle sal u Naam eer;10 want U is groot en doen wonders, U alleen is God.11 Leer my, HERE, u weg: ek sal in u waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van u Naam.12 Here, my God, ek wil U loof met my hele hart en u Naam vir ewig eer;13 want u goedertierenheid is groot oor my, en U het my siel uit die doderyk diep daaronder gered.14 o God, vermeteles het teen my opgestaan, en 'n bende tiranne soek my lewe; en hulle stel U nie voor hul oë nie.15 Maar U, Here, is 'n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou.16 Wend U tot my en wees my genadig; gee u sterkte aan u kneg en verlos die seun van u diensmaagd.17 Doen aan my 'n teken ten goede, sodat my haters dit sien en beskaamd kan staan, omdat U, o HERE, my gehelp en getroos het.

 
adsfree-icon
Ads FreeProfile