Lectionary Calendar
Saturday, May 18th, 2024
Eve of Pentacost
Attention!
For 10¢ a day you can enjoy StudyLight.org ads
free while helping to build churches and support pastors in Uganda.
Click here to learn more!

Read the Bible

Afrikaans Bible

Psalms 124

1 'n Bedevaartslied. Van Dawid. As die HERE nie vir ons was nie- laat Israel dit sê- 2 as die HERE nie vir ons was toe die mense teen ons opgestaan het nie,3 dan het hulle ons lewendig verslind toe hulle toorn teen ons ontvlam het;4 dan het die waters ons oorstroom, 'n stroom het oor ons siel gegaan;5 dan het die trotse waters oor ons siel gegaan.

6 Geloofd sy die HERE wat ons aan hulle tande nie as buit oorgegee het nie!7 Ons siel het vrygeraak soos 'n voël uit die vangnet van die voëlvangers; die vangnet is gebreek, en ons, ons het vrygeraak.8 Ons hulp is in die Naam van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.

 
adsfree-icon
Ads FreeProfile